Dis hoe prawns moet lyk. Vergelyk hulle met die tafelvurk wat op die agterste bord lê.

Jy kry hulle by Parreirinha in Rosettenville, Johannesburg.
9 Sixth Street, La Rochelle, Johannesburg
Tel: +27 11 435 3809
Tags: garnale, kuier, mosambiek prawns, parreirinha, prawns, uiteet
In die ou dae het jou ouma ‘n koppie tee gemaak, die Huisgenoot of Keur oopgemaak, in die sitkamer op die bank voor die venster gaan sit en haar reggemaak om die blokkiesraaisel in te vul. Dan het sy ‘n pakkie Marie-biscuits oopgemaak, haar kort potloodjie vasgevat en die blokkiesraaisel begin invul nadat sy haar leesbril opgesit het.
Deesdae het dinge verander. Jy skakel sommer jou rekenaar aan en gebruik jou muis en sleutelbord om ‘n blokkiesraaisel in te vul, en jy hoef nie af te sit Poskantoor toe en die voltooide vorm weg te stuur en nooit weet of jy dit korrek ingevul het of nie.
Hier is dan sommer ook Blogblad se eerste blokkiesraaisel. Ek noem hierdie een ‘n “blograai”, want as jy gereeld blogs lees, dan sal jy hom sommer gou kafdraf.
Kliek op die prentjie hier onder of kliek sommer hier om ‘n nuwe venster oop te maak sodat jy kan begin.
As die Flash-lêer klaar gelaai het, kan jy maar begin. Kliek op enige plek in die blokkiesraaisel en die leidraad sal onder vertoon word, of kyk deur die leidrade onder en kliek dan op die blokkiesraaisel. Los jou potlood en skerpmaker maar in die pennesakkie.
Tags: aanlyn, blograai, blokkiesraaisel, Blokraai
Ek het Saterdag ‘n draai in Bethal gaan maak. Dis maar ‘n vervelige pad soontoe. Toe ek sake op Bethal afgehandel het, wou ek sommer dadelik weer die pad vat, maar toe moes ons eers aansit vir ‘n lekker bord boerekos. En toe vat ons die pad terug met ‘n bottel tuisgemaakte appelkooskonfyt. Bethal se mense is vriendelik! Die winkels was teen 14h00 almal meestal toe en daar was nie ‘n slaghuis oop waar ek ‘n stukkie biltong kon koop nie.
Op pad terug het die weer opgesteek en later het dit vir ‘n rukkie kliphard gereën.




Recent Comments